Tuesday, May 25, 2010

Wie is die Boer en wie het die Roer

Soos ek nou al die storie van die Tannie en Die Winkel vertel het so kom meer en meer van die gru verhale in die nuus. Nie dat al die Misdaad deur Polisie gepleeg word nie, maar dat dit 'n kak voorbeeld en beeld na buite uitdrae is nie altemit nie. So is Beeld van vandag vol van miskiet, raakskiet en Moord Verhale. Niemand word gespaar nie.
 
So sal die nuus vinnig ontvou in die paar dae wat oor is voor die afskop fluitjie blaas.
 
 
Beeld se Sake Nuus spraag net so deurmekaar soos 'n Plaas inskrywing. As die Ekonomie spoed optel hoekom druk die unies dit so spoedig dood. Gee die ding kans om momentum op te bou sodat almal bietjie asem kan haal. Soos Smurfi se komentaar seg ... die agter geblewene is die ou wat by die bushalte staan en wag vir die bus wat hy gebrand het ... dit het groot waarhede in daai woorde ....
 
Die ander BEE gaan rampspoedig voort en die wat kan pa staan vir hulle dade weet dat die gevolge daarvan vrugte afwerp. So ploeg ploeter ons voort as slawe van geld magte wat ons vasknel in 'n wurg greep. Hoe meer die mense staak hoe groter word hulle afhanklikheid van die prepretuele kringloop van 'n kapitalistiese voedsel ketting. Soos 'n wa wiel wat draai en jy wat mee gesleur word maar net jou oge kan toe hou en asem ophou terwyl die pynige vinnige knyp onder die wiel jou voorland is.
 
Mense wat nie meer afhanklik is van hulle omstandighede wat hulle in vasgevang blyk te wees nie slaan munt uit die situasie en snel voorentoe.
 
Van die Os op Die Jas ... bietjie Sport Intergrasie op die hoogste vlakke. Daar waar dit die meeste tel .... Almal raak daar aan maar niemand wil die appel karretjie om stamp nie ... Bulls-span vir Soweto-eindstryd bekend. maar pensie pyns oor hoeveel stoere Bull supporters gaan opdaag en gaan die Sekuriteit 'n toonbeeld wees van FIFA By eenkomste of gaan ons maar net moet wag en sien of ons as land regtig gereed is vir so 'n nie rassige by eenkoms.
 
Ons leef in intresante tye ....

0 Sêg:

Nuutste Inskrywings

Sexy Hollywood Celebrities